Skip to main content

Kriptografie & Slimkontrakte

Kriptografie – Die anker in die storm

Kriptografie en netwerksekuriteit beoog om data-integriteit, data- verifiëring, entiteit stawing en sekerheid (Engels: non-repudiation) te verskaf. Blokketting is gebou op hierdie beginsels. In Engels word kriptografie cryptography genoem.

 

In ons vorige afdeling van hierdie reeks het ons die konsep van desentralisasie ontleed. Ons het desentralisasie gedefinieer as ons oseaan waarin al ons onbekende avonture toegelaat word. Ons het gesien dat desentralisasie mense in staat stel om direk met mekaar handel te dryf, sonder om op 'n betroubare (of onbetroubare)tussenganger staat te maak of selfs mekaar te vertrou. Dit is omdat die gedesentraliseerde netwerk geïnkripteer is en sodoende betroubaar is. 'n Betroubare netwerk stel jou in staat om in vrede te koop, belê en verkoop.

Die vraag wat baie kan hê is egter: hoe veilig is hierdie transaksies wat deur blokketting bestuur word? Die antwoord is eenvoudig: net so veilig soos enige ander betaling wat jy deur 'n bankstelsel maak. Wat maak dit so veilig? Kriptografie.

Kriptografie

Kriptografie en netwerksekuriteit is deel van ons alledaagse lewe. Ons lees daarvan in die nuus en dit vorm deel van ons sosiale gesprekke. Maar wat presies is kriptografie en hoe werk dit? Ons kan begin deur aan kriptografie as 'n anker te dink. Ankers is 'n soort sekuriteit vir 'n boot. Dit hou ons boot in 'n sekere posisie en keer dat dit in die stroom kan wegdryf. Dis redelik eenvoudig.

Die woord 'kripto' is afgelei van 'kriptograpfie'. Kriptografie word gedefinieer as die vermoë om inligting in formaat te stoor wat onleesbaar is, vir sekuriteitsdoeleindes. Met ander woorde, dit is die wetenskap en kuns om data te transformeer sodat dit veilig en immuun teen ongemagtigde toegang en netwerkaanvalle is.

Blokketting is gebou rondom kriptografie, en dit maak die mededeling van inligting in die teenwoordigheid van teëstanders moontlik. Dit is kriptografie wat inligting - hetsy transaksiegeskiedenis, rekords of enige ander belangrike stukkie inligting - beveilig in 'n betroubare, onveranderlike formaat.

Blokketting en desentralisasie maak staat op kriptografie wat outoriteit aan al die interaksies in die netwerk verleen.

Inligting is 'n bate met waarde. Soos enige bate moet inligting teen aanvalle beveilig word. Vir inligting om beveilig te word, moet dit weggesteek word teen ongemagtigde toegang (vertroulikheid), beskerm word teen ongemagtigde verandering (integriteit), en moet dit beskikbaar wees vir 'n gemagtigde persoon (of entiteit) wanneer benodig word (beskikbaarheid). Kriptografie en netwerksekuriteit het ten doel om data-integriteit, dataverifiëring, entiteit stawing en nie-ontkenning (Engels: non-repudiation) te verskaf. Blokketting is gebou op hierdie beginsels.

Hierdie terme mag dalk vreemd klink, maar wat hulle basies probeer kommunikeer is dat kriptografie jou inligting enkripteer (dit privaat maak), en dit weer dekripteer sodat jy toegang daartoe kan kry in ‘n leesbare formaat. Die proses van enkripsie is 'n baie betroubare en veilige manier om inligting op die netwerk te stoor en oor te dra.

As jy ooit iets aanlyn gekoop het is jou bankrekening besonderhede geënkripteer vir jou beskerming. Ons kan ook sekere voorwaardes in 'n blokketting enkripteer , soos 'n kontrak, wat 'n ooreengekome vereiste in die vorm van 'n slimkontrak (Engels: smart contract) spesifiseer.

Blokketting en verspreide grootboek-tegnologieë (Engels: Distributed ledger technology - DLT) het slimkontakte moontlik gemaak. Slimkontrakte is uitvoerbare programkode of skrifte, wat op 'n blokketting geleë is wat uitgevoer word wanneer voorafbepaalde voorwaardes nagekom word. Die uitvoering van 'n ooreenkoms word geoutomatiseer deur die volgende aksie te aktiveer sodat alle deelnemers onmiddellik seker kan wees van die uitkoms, sonder 'n tussenganger se betrokkenheid – wat tyd en geld spaar. (Slimkontrakte sal meer gedetailleerd in ons sewende afdeling bespreek word).

Goed, so nou weet ons dat kriptografie en slimkontrakte inligting en netwerk sekuriteit verskaf. Yknot Blockchain Solutions het die nodige vaardighede en kennis om hierdie soort private en veilige netwerke te ontwikkel deur slimkontrakte te gebruik om enige probleem innoverend op te los. Hierdie tegnologieë word gebruik om oplossings vir 'n wye verskeidenheid nywerhede te bou, insluitend banke, mediese versekeringsmaatskappye, onderwysinstellings, mineraal hulpbron-administrasie en privaat beleggingsfondse.

Noudat ons die basiese beginsels van desentralisasie en die veiligheid (vertroue) wat met kriptografie gepaardgaan verstaan, sal ons volgende aflewering 'n dieper kyk na blokketting as 'n soort verspreide grootboek-tegnologie.